Geen drank of sigarette is meer beskikbaar,
Ek is nie 'n skrywer nie, maar ek hou van stories skryf, lees en vertel. Ek geniet veral die stories en skryfstyl van ouens soos C Johan Bakkes en Dana Snyman. Hulle satiriese manier van skryf of stories vertel geniet ek baie en sal graag soos hulle eendag wil skryf. Ek skryf nie eintlik vir iemand nie, maar eerder vir myself. Ek skryf fiksie gebaseer op waarhede en ervarings en al lees niemand dit nie is dit my stories en my menings en basta met die res!
Glansplasing
Voggies
Gatsrivier
Het jy al deur die Ceres Karoo gery
‘n Vlugteling uit die stad en sy geraas,
Om die stres wat jou versmoor te vermy
Weg van pad woede en gekruide taal,
Daar waar jou sintuie blootstelling kry
Eensame stukkie aarde, droog en kaal
So wyd dat die aardse kurwe sigbaar is
En waar jou gedagtes in jou kop verdwaal
Die doodse stilte wat jou ore verdoof
Tussen drie riviere, Gats-, Tankwa- en Doring-,
Het die droogte die riviere van hul water beroof
Tussen die Roggeveld- en Koedoes berg
Nuanse wat verrassings beloof
In die Karoo is jou metgesel rustigheid en vrede
Die grensloosheid onmeetlik groot
En lê die bergreekse platvloers uit veld verhewe
Karee- en doring bome wat met koelte verkwik
In die afwesigheid van selfoon opvangs,
Kwetter die voëls wat vreedsaamheid beskik
Effe wild maar tog beskaafde vakansie plaas,
Jou gesindheid en gemoed bepaal jou geluk
Min mense ken hierdie inspirerende ervaring
Vreemde mense wat mekaar vertrou
Om op die boek te drink vir latere betaling
Maar hierdie plek is nie vir almal beskore
Ry jy die Patats rivier afdraai mis,
Raak jy gou in hierdie landskap verlore
Al wys die GPS vir jou waarlangs jy moet ry,
Word nuwe avonture sommer gou gebore
As jy verdwaal tot amper in Sutherland,
Wag ‘n koperkapel met die omdraai vir jou
Die son al hoog om oppad terug jou te verblind
Die diesel raak min en naby is nou ver
Deur droë rivier beddings en ou hutte verby,
Nou 'n twee spoor paadjies baie sinister
By ‘n gaste plaas, moedeloos trek ek af,
Word ek gegroet deur ‘n paar bokke wat blêr
Kry instruksies wat die regte rigting aandui
Versigtig volg ons die landmerke soos oorgedra,
Teen laat middag by Bakens rivier verby
Oor die laaste bult teen lang die helling af,
Verskyn onnatuurlik die groot houthek voor my
Niemand in sig, die kamp is so stil soos die graf
Vanaf ‘n radio teen ‘n paal ontbied ons die voorman,
En kom hy oor die vlakte aangedraf
My hart klop nou tydsaam, die adrenalien verdwyn,
Die rivierloop omtower die veld in lowergroen
Gatsrivier se nuanse wat voor my verskyn
Die Virus
Die mensdom is in hul huise vasgevang
Ingeperk om mekaar weer te ervaar
Van vooraf lief te kry en te aanvaar
Ons vryheid gaan van ons gedrag afhang
Party beweer dit is ons eie toedoen
Moeder aarde veg genadeloos terug
Oorbevolking, gemors en versmorende lug
Om
natuur en mense weer eendag te versoen
In ‘n verdeelde wêreld met selfsug daarin
Mens wat nie omgee of die aarde vergaan
Nou gedweë gedwing om saam te staan
Moet
ons nou oor ‘n nuwe toekoms besin
Met vrees en paniek besaai
Baatsug
van die egoïstiese mens
Koop gulsig al wat kan vir die spens
Drankloos voel ander verraai
Dit gons en daar word baie gepraat
Sameswering, nalatigheid of noodlot
China,
Amerika, terroriste deel van die komplot
Sal
ons ooit weet wie het die virus uitgelaat
Hou die nuus dop in groot verwagting
Aanvaar die noodregulasies met minagting
“Julle
sal klaarkom met wat jul het!”
Almal
probeer om kop bo water te hou
Die
geestelik geveg om normaal te bly
‘n
Ewige stryd om die virus te vermy
Ons kan maar net bid en te vertrou
Koester hierdie kosbare tyd wat God ons gee
Leer geduld, geloof en verdraagsaamheid
Ervaar
rus en vrede, liefde en familie tyd
Aan
die ander kant sal ons nou ‘n nuwe wêreld betree