in
afwagting vir die winde om te waai
met
koppe regop soos ‘n Sonneblom
meestal
pen orent, ander skeef en krom
Van
die Weskus op tot middel in die Karoo
wag
hulle geduldig vir die reën van bo
om
die aarde te voed met lewens water
uit
genade gestuur van die hemelse Vader
In
die Kalahari waar droogte baljaar
lyk
hulle maar moeg jaar na jaar
hulle
koppe hang verlep en geboë
skaam
en verleë in hul onvermoë
Die
mielies en gewasse pronk in die Noordwes
die
Genade het die grond se dors geles
blink
in die son draai nuwe lemme bly
om
vars water in die plaasdamme te lei
Die
plase lyk mooi, maar die dorpe is besmet
wie
sal ooit hierdie wanbestuur kan red
korrupsie
in dorpe en stede maak my bang
selfs
van die windpompe se koppe hang
Stadig
draai hul kreunend en vergete
party
geroes of stukkend en verslete
in
die veld staan hulle eensaam en verlate
opgeneuk
en flenters soos Wolmaransstad se strate
Al
is van hulle moer toe gepomp en ongedaan
sal
windpompe altyd bly voortbestaan
in
die hart van ons Boerevolk sal hy bly leef
al
is dit net as baken om vooruit te streef