Gegroei, geleer, geval
en gevind
My tiener hart gebreek
uit en liefkry se onvermoë
Heel laas uit
liefde in die eg verbind
My Weskus nooi wou
die vuur in my bedaar
Toe ek onseker die
wêreld agternagesit
Dapper het ek die
lewe in die oë gestaar
Slegs deur die Vader
se hand beskut
Later my vroutjie
se geboorteplek leer ken
Lambertsbaai,
Velddrif en Paternoster se bekorings
Ongerepte met sy
eenvoudigheid moes ek verken
My lot aangewys
deur die lewe se vuurtorings
Na elke besoek aan
die Weskus jaar op jaar
Moes ons terug na
die stad in die noorde se gejaag
Om van vooraf weer
die druk en stres te aanvaar
Die alewige roetine
wat ons drome weereens vertraag
‘n Halfeeu oud is
my my wens eers bewaarheid
Ek en my liefling
het in die Weskus kom woon
Rustig en veilig
van die res van die land se naarheid
Met aanskoulike
sonsondergange beloon
Die laaste pylvak
wenpaal toe lê voor ons deur
Om van vooraf weer
‘n nuwe lewe bou
Ons sal sukkel, swoeg
en swaarkry en voort beur
Om ‘n nalatenskap
vir ons kinders en hulle kinders te behou
Optimisties benoud
durf ek die hindernisse aan
Nuwe uitdagings en
dinge om te leer
Slag gereed om
geleenthede hok te slaan
Gee my wysheid
en waardering O Liewe Heer!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking