Die jaar van drome en opwinding
‘n nuwe begin soos
elke jaar
moeilik sal dit
wees het almal beding
ekonomies op sy
knieë dit weet ons is waar
Ons sien kans vir
hierdie mutasi
en lag ligsinnig
die uitdagings uit
‘n virus in Wuhan
dui as indikasie
wat ons in ons
spore gaan stuit
En tóé die
skok en ongelowige terugslag
met inperking word
almal huis toe stuur
opgewonde met ‘n
innerlike onsekere lag
kan ons die grendeltyd verduur?
Kamers en eetkamers word ontruim
om plek vir oefening
of iets anders te maak
om nie buite te kan
oefen ‘n bitter aalwyn
bitterbek deur die aandklok vermaak
Onverhoeds is ons
geboelie tot vlak beheer
die
bullebakke wat ons verder inperk
in pogings om
ons lewens te regeer
word ons nou as
kriminele gebrandmerk
Inperkings wat families en vriende vervreem
ons mag taxi ry en dobbelhuise bywoon
tog word ons van ander sondes ontneem
rook of te drink word
met vervolging beloon
Skole maak oop in
slae verwondering
jy kan uiteet en fliek - familie steeds verbied
dae word maande in
afsondering
die pandemie ondier
styg uit die nuut
Kerke is leeg en hospitale
loop oor
almal se oë is op
statistiek gerig
daagliks morbiede
nuus wat ons versmoor
hoe lank
nog? .. is daar is geen einde in sig!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking